5 Aug

Klein Karoo International

SPORTMIDDAG FAMILIE-AVONTUUR

Vrydag, 13 Sept. 2013 2nm

Saddle Bag Events bied op Vrydag, 13 Sept. 2013 ‘n sportmiddag familie-avontuur vanaf 2nm aan waar gefokus word op ‘n fikse en gesonde lewenstyl met die credo “Sport uplifts” !

Dié rekreasie middag sluit in ‘n pretstap van 5km (R20 inskrywing), ‘n pretdraf van 14km (R30 inskrywing), bergfietsroete van 23km (R40 inskrywing) en perde-uithourit van 40km. Almal is welkom om te kom deelneem aan die item van sy keuse !! Alles vind plaas op diesellfde roete, sonder interaksie in die pragtige veld van Boetie en Paula Potgieter. Venue en beginpunt is die Kansa Veilingskrale ± 3km buite Oudtshoorn op die Mosselbaai-pad. Waterpunte word goedgunstiglik deur plaaslike besighede beman.

VRYDAGMIDDAG, 13 SEPT. gaan as volg verloop:

  • Veearts-ondersoeke vir perde vanaf 1nm
  • Inskrywings vir stappers, drawwers en fietsryers vanaf 2nm by Kansa Krale
  • Wegspring van perde 3nm (40km)
  • Wegspring van fietsryers (23km), drawwers (14km) en stappers (± 2 – 5km) vanaf 3:10nm

Ons bied eet- en drinkgoed aan Oudtshoorn se bejaardes van Tuishuis, Coronation, Bellinganhof, spesiale skole se leerders, Huis Triomf, Eljada en Klein Karoo Vaardigheidsskool asook plaasskooltjies. Hierdie mense neem ook gratis deel aan die pretstap. Piet Kleyn het reeds aangedui dat hy die staproete gaan lei !

INSKRYWINGS VIND PLAAS VANAF 2NM BY VENUE ! Klein, unieke meerkat medaljes gaan aan die eerste 30 deelnemers in elke item asook ± R5000 se volstruisvleispakkies wat as lucky draws uitgegee gaan word tydens die jolige prysuitdeling net na die afloop van die middag se verrigtinge.

Die perdeuithourit-afdeling wat deur die organiseerders namens Wynland Uithouritklub aangebied word se hoofresiese word op Saterdag, 14 Sept. 2013 op dieselfde baan aangebied naamlik ‘n 40km, 60km, 80km en 120km. Hierdie dag se deelnemers kry elkeen ‘n sertifikaat en wenners kry ‘n meerkat houttrofee en kom in aanmerking vir nog R5000 se lucky draws van volstruisvleispakkies tydens nog ‘n jolige prysuitdeling om 3nm ! Heerlike eetgoed sal vanaf Vrydagmiddag 1nm te koop aangebied word. Die Volmoed Boerevereging verskaf die venue en help met die organisasie. Ons hoop om regtig die hele Oudtshoorn gemeenskap daar te sien en die middag kom geniet in die vars buitelug !