4 Mar

ABSA KKNK 2014

Nou ja, die jaarlikse ABSA KKNK 2014 is so te se om die draai. Hierdie jaar gaan dit besonders wees omdat dit die 20ste bestaansjaar van die fees is. Daar word ook hierdie keer aktiwiteite in die omgewing, ingesluit by die feesprogram en ons as De Zeekoe Gasteplaas voel geeerd om deel te wees van hierdie wonderlike geleentheid. Ons bied die aktiwiteit: Perderitte in die Klein Karoo aan. Dit gee feesgangers die geleentheid om die Klein Karoo omgewing vanaf ‘n ander oogpunt te benader. Gaste sal die keuse he tussen ‘n skemerkeltjie- of ontbyt rit. Die ontbyt rit behels ‘n uur perde rit soggens om 8 uur en daarna ontbyt by die gastehuis. Die skemerkeltjie rit behels ‘n uur perde rit en ‘n “cocktail” na die tyd by ons kroeg wat uitkyk oor die Outeniqua berge en Olifants rivier.

 

Daar word ook fietsritte in die Kango Grotte omgewing aangebied deur Backpackers Paradise. ‘n Bussie sal deelnemers met hul fietse (wat te huur is) tot sover soos die Swartberg pas vat waar hulle dan met hul fietse kan terug dorp toe ry en langs die pad kan stop by die Kango grotte, volstruisplaas en Cango Wildlife Ranch.

 

Die “sirkel roete” is ook ‘n definitiewe “moet-sien. Volg die R328 na die grotte, net verby Wilgewandel draai links na Prince Albert, volg die beeldskone Swartbergpas na Prince Albert. Vir die wat nog nie “Die Hel” besoek het nie, kan net voor die dorp afdraai na Gamkaskloof “Die Hel”. In Prince Albert kan mens stop vir ‘n wyn- of kaas proe oor middagete. Die pad terug is deur Klaarstroom en die asemrowende Meiringspoort tot in De Rust. Stop vir ‘n koffietjie by by Village Trading Post in De Rust se hoofstraat. Daar is ook ‘n verskeidenheid peuselhappies en ‘n oulike kunsgallerytjie op hulle perseel. Op pad terug na Oudtshoorn is daar Tickled Pink aan die regterkant van die pad wat die heerlikste port en soetwyne verkoop. Maak gerus daar ‘n draai.

Hierdie is maar net ‘n paar van die vele aktiwiteite in die Oudtshoorn omgewing.