17 Jun

Die Klein Karoo Classique 2015

Op De Zeekoe gasteplaas, 7 km buite Oudtshoorn, word daar gespog met 168 voëlspesies. Ons is bevoorreg om byna elke dag die visarendpaar te hoor en te sien.
Dit is wonderlik om soggens wakker te skrik met voël en ander dier- geluide en te luister na hul natuurlike musiek. Hoe bevoorreg en geseend is ons nie?

Matheus 6:
“Kyk na die wilde voëls: Hulle saai nie en hulle oes nie en hulle maak nie in skure bymekaar nie; julle Hemelse Vader sorg vir hulle.”

Binnekort is dit die vyfde Klein Karoo Classique (musiek op ‘n heel ander noot ) hier op Oudtshoorn , vanaf 13 tot 16 Aug 2015.
Dit is ‘n knusse winterfees met klassieke musiek, kos en kuns. Werke van Suid -Afrikaanse en Europese komponiste word uitgevoer asook Flaamse dansdramas met standaarde van hoë gehalte.

Bespreek vroegtydig en deel in ons spesiale winter tarief wat geldig is tot einde Augustus 2015:
Bly 3 aande en betaal slegs vir 2 aande.
Bly 2 aande en kry 30 % afslag.

De Zeekoe Luukse Kamers

Om die winter koue te verdryf, bied ons die volgende:

Met aankoms word gaste bederf met warm gluehwein en tydens etes maak ons kaggelvuur in ons eetsaal.
Sommige van die kamers het ook kaggels vir ekstra atmosfeer en alle beddens het elektriese komberse.
Gratis internet ook beskikbaar in alle kamers.

De Zeekoe bied 21 luukse kamers, 4 cabins en 3 Kliphuisies.

Fish Eagle

Geniet die volgende aktiwiteite op die plaas:

Daaglikse meerkat toere met sonsopkoms. Bespreek hierdie toere vroegtydig om teleurstelling te voorkom.
Neem ‘n kano en roei op Olifants Rivier vir 3 kilometer.
Stap of draf lekker tussen die lusern lande sonder enige verkeer.
Verken die 2000h plaas per voet of huur ‘n bergfiets.
Bring jou eie vistokke en waag ‘n kans om Karp of Bass te vang.
Doen ‘n informele plaastoer en leer meer oor die plaas met sy Bonsmara koeie, skape, sprinbokke en lusern.

Aktiwiteite in die omgewing:

  • Geniet ‘n plaastoer of ry op ‘n volstruis, by Safari Volstruis plaas, net oorkant de Zeekoe.
  • Die Cango Wildlife is die  moeite werd om te besoek en veral vir kinders word dit sterk aanbeveel met hul waterpark en lekker speel gronde. Kinders kry ook die geleentheid om aan sekere diere te raak, onder meer die cheetah.
  • Die Swartbergpas is so indrukwekkend, ek wonder hoeveel mense besef dit is ‘n wêreld erfenis gebied? Die uitsig van bo is onbeskryflik mooi, die fynbos met al sy spesies is te bewonder.
  • Die 5-dag staproete in die Swartberg is nie te moeilik nie en word sterk aanbeveel – hutte/ akkommodasie is elke nag beskikbaar. Besoek Prinse Albert en kom terug via Meirings Poort en moenie vergeet van De Rust nie -‘n absolute interessante dorpie!
  • ‘n Interessante feit vir die plantkundiges is dat die moeder van alle Geranium plante ( Malva plante), ontdek is deur Hendrik Oldenland in 1710 in Meiringspoort, en hier vandaan versprei is na die res van Europa en Amerika.
  • Dit is die moeite werd om die museums in Oudtshoorn te besoek en die ander historiese geboue soos die huis van CJ Langenhoven – Arbeidsgenot.
  • Heerlike wyne in die omgewing om van te kies en te keur. Besoek gerus Grundheim ( 8km van de Zeekoe ) en Boplaas (Calitzdorp) wat bekend staan vir hulle portwyne.
  • Karusa in die Schoemanshoek vallei spog met ‘n groot verskeidenheid wit en rooi wyne – en meeste van hierdie wyne is op ons wynlys.

“Kyk my taal, my taal kan brand!
Ver tot oor die aalwynrand
Goude en geel in blom getooi
Sing my tong , my taal is mooi “
Aanhaling uit Saphira

De Zeekoe Farm