29 Jul

Klein Karoo Klassique 2014

Karoo Klein Klassique 2014

We are looking forward to the Klein Karoo Klassique happening next month. De Zeekoe Guest Farm still has accommodation available for visiting guest. If you already have accommodation, you are more than welcome to come and enjoy the view from our terrace. Have a drink at the bar, or enjoy a fresh garden salad for lunch. Below you will find more information regarding the Klein Karoo Klassique. The information below is provided in Afrikaans.

Thursday – 14 August 2014

Time Production Venue
08:00 to 18:00 Ateljee Thijs Nel Ateljee Thijs Nel
09:00 to 17:00 Marinda Combrinck Prince Vincent Building
09:00 to 21:00 ArtKaroo: Three rooms, three artists ArtKaroo Gallery
09:30 to 10:00 BOET SE GOET – Boekbekendstelling Prince Vincent Building
10:00 to 17:00 Art on Track – Exhibition Calitzdorp Railway Station
18:00 ATKV Openingskonsert St Salvator Katedraal
20:00 One Night in Paris The Black Swan – Restaurant & Wine Bar

Saturday – 16 August 2014

Time Production Venue
08:00 to 18:00 Ateljee Thijs Nel Ateljee Thijs Nel
09:00 to 17:00 Marinda Combrinck Prince Vincent Building
09:00 to 21:00 ArtKaroo: Three rooms, three artists ArtKaroo Gallery
10:00 ArtKaroo: Skep ArtKaroo Gallery
10:00 to 17:00 Art on Track – Exhibition Calitzdorp Railway Station
11:00 Noorderlig en reënbooglande St Salvator Katedraal
11:00 Art on Track – Mini Workshop Calitzdorp Railway Station
11:00 Art on Track – Mini Workshop Calitzdorp Railway Station
12:15 IF UNLAYERED Prince Vincent Building
15:00 Odeion strykkwartet in konsert St Salvator Katedraal
16:45 IF UNLAYERED Prince Vincent Building
18:00 Mimi Coertse Galakonsert Burgersentrum Ouditorium
20:00 Delizioso Pasto Italiano The Colony at the Queen’s Hotel

Sunday – 17 August 2014

Time Production Venue
08:00 to 18:00 Ateljee Thijs Nel Ateljee Thijs Nel
09:00 to 17:00 Marinda Combrinck Prince Vincent Building
09:00 to 21:00 ArtKaroo: Three rooms, three artists ArtKaroo Gallery
10:00 to 17:00 Art on Track – Exhibition Calitzdorp Railway Station
11:00 Kaapstad Operakoor: Koorgunstelinge – Choral Favourites NG Kerk Kangovalleie, Schoemanshoek
12:30 Tradisionele Sondagmiddag Boerebuffet NG Kerk Kangovalleie, Schoemanshoek

OPEN TO THE PUBLIC

Name Venue Category
Annie’s Art Queen’s Hotel Conference Room Art
Bello Cibo Bello Cibo Food & Wine
Boet se Goet Prince Vincent Building Art
Essence of The Karoo Rosenhof Art Gallery Art
Francois Tiran Prince Vincent Building Art
Jeugkuns- en Fotoweek Hoërskool Oudtshoorn Saal Art
Karusa Premium Wines & Craft Brewery Karusa Vineyards Food & Wine
La Chocolaterie Rococo La Chocolaterie Rococco Food & Wine
Lidi de Waal Queen’s Hotel Conference Room Art
Moooi Galery Moooi Galery Art
Old Mill Restaurant Old Mill Restaurant Food & Wine
Orchard Fine Foods Deli & Coffee Shop Orchard Fine Foods Market Food & Wine
Rooiheuwelmark at Jamstreet Farm Rooiheuwelmark at Jamstreet Farm Food & Wine
The Black Swan Restaurant & Wine Bar The Black Swan – Restaurant & Wine Bar Food & Wine
Wilgewandel Wilgewandel Food & Wine
Wim Rheeder Art Gallery Wim Rheeder Art Gallery Art

 

 

Volgens Rhodé Snyman, uitvoerende hoof van Kuns Onbeperk, wat Klein Karoo Klassique aanbied, is die program van die fees vanjaar so saamgestel dat daar genoeg tyd tussen opvoerings is om heerlik saam te eet en te kuier. Op Donderdagaand, 14 Augustus om 20:00, na die Openingskonsert, is ’n Franse “One Night in Paris”-spyskaart by The Black Swan Restaurant te 109 Baron van Reedestraat beskikbaar. ’n Kaartjie vir die geleentheid bied ’n keuse van ’n voorgereg, ’n hoofgereg en ’n nagereg op die “One Night in Paris”-spyskaart. Tydens die ete is Franse styl wyn op die restaurant se wynlys te koop. Die spyskaart bevat disse soos coq au vin en pere in rooiwyn geposjeer met sjokolade mousse.

Twee egte Karoo-geínspireerde etes is tydens die fees beskikbaar. Op Vrydag 15 Augustus om 20:00, nadat u die een van die hoogtepunte van die fees, naamlik Anzél Gerber en Ben Schoeman se vertolking van Russiese meesterwerke (om 18:00 in die Oudtshoorn Burgersentrum Ouditorium) beleef het, bied die Riempie Estate Protea Hotel in Baron van Reedestraat ’n Karookosbuffet aan. Die spyskaart vir die ete sluit disse soos boontjiesop met varsgebakte brood, Karoo lamsboud met roosmaryn, pampoenkoekies en brandewynpoeding in. By die geleentheid is daar verskeie Baccarat wyne te koop. Die ander ete wat Karoo-cuisine bevat word na afloop van die laaste aanbieding op die program, Koorgunstelinge met die Kaapstad Operakoor (17 Augustus 2014 om 11:00 in die NG Kerk Kangovalleie) in die kerksaal langs die kerk aangebied. Die ete, vanaf 12:30, is ’n tradisionele Sondagmiddag Buffet en wyn van Karusa (net om die draai van waar die ete plaasvind) word saam met die ete bedien. Op die spyskaart is egte boerekos met ’n sop- en broodtafel, drie heerlike vleisgeregte, groente en ’n tafel met tradisionele nageregte.

Net na die Mimi Coertse Galakonsert (om 18:00 op 16 Augustus in die Burgersentrum) bied The Colony at the Queen’s Hotel ’n Italiaanse ete aan wat goed saamwerk met die vurige operamusiek wat by die konsert uitgevoer word. By die “Delizioso Pasto Italiano”-buffetete (om 20:00) met prima Italiaanse disse soos Toskaanse bonesop met ciabatta, osso buco en panna cotta en wyn wat by die koste van die ete ingesluit is, bedien.

Besoekers aan die 2014 Klein Karoo Klassique hoef ook nie te besluit tussen die fees se agt uitvoerings nie. Kaartjies na al die musiekuitvoerings kan in ’n pakket gekoop word teen R545. Die spesiale pakket is ’n besparing van R200 op die volle bedrag vir agt afsonderlike kaartjies vir die uitvoerings. Die pakket is by Computicket onder die naam “Klassique-pakket” beskikbaar.

Kaartjiepryse wissel van R85 tot R120 en is by Computicket en Shoprite/Checkers beskikbaar. Rig navrae aan 044 203 8600.